Saturday 8 February 2014

Is Goliat werklik die probleem



Is Goliat die werklike probleem?

En die Filistyne het hulle leër versamel vir die oorlog en bymekaargekom by Sogo wat aan Juda behoort, en laer opgeslaan tussen Sogo en Aséka in Efes-Dammim. Maar Saul en die manne van Israel het byeengekom en laer opgeslaan in die dal van die terpentynboom en hulle in slagorde teenoor die Filistyne opgestel. En die Filistyne het duskant teen die berg en die Israeliete oorkant teen die berg gestaan, sodat die dal tussen hulle in was. Toe kom daar ‘n baasvegter uit die laers van die Filistyne, met die naam van Góliat, uit Gat; sy hoogte was ses el en ‘n span. Daar was ‘n koperhelm op sy hoof, en hy het ‘n pantser van skubbe aangehad—die gewig van die pantser was vyf duisend sikkels koper— en skeenplate van koper was aan sy bene en ‘n koperlans tussen sy skouers. Die steel van sy spies was soos ‘n wewersbalk, en die lem van sy spies was van ses honderd sikkels yster, en die skilddraer het voor hom uit geloop. En hy het gaan staan en roep na die slagordes van Israel en vir hulle gesê: Waarom trek julle uit om jul in slagorde op te stel? Is ek nie die Filistyn, en julle dienaars van Saul nie? Kies vir julle’n man uit, dat hy na my toe afkom. As hy teen my kan veg en my verslaan, sal ons julle slawe wees; maar as ek hom oorwin en hom verslaan, moet julle ons slawe wees en ons dien. Verder sê die Filistyn: Ek daag die slagordes van Israel vandag uit! Gee my ‘n man, dat ons saam kan veg. Toe Saul en die hele Israel hierdie woorde van die Filistyn hoor, was hulle verskrik en baie bevrees.
(1Sa 17:1-11)

Wat is Israel se probleem, en hoe kan die volk die probleem oplos?  Daar het seker allerhande warm gesprekke op die markplein en in die stede geklink.  Nog warmer was seker die opinies en menings.
Wat is ons probleem vandag met die wêreld?  Vra vir `n teoloog en jy sal `n ander antwoord kry as wat die politici sal gee.  `n Sielkundige sal weer `n ander antwoord as `n ekonoom gee.  Vra vir Bill Gates, en hy sal waarskynlik sê dat die wêreld mee toegang tot rekenaars moet hê.
Terwyl Israel so besig is met hulle gesprekke en debate, verskyn Goliat skielik op die toneel.  Hierdie reuse Filistyn word die een probleem waarop die hele volk fokus.  Die tyd vir gesprekke en debatte is verby, ons grootste probleem is Goliat die Filistyn.
Vir 40 dae lank staan die Filistyn en verpes die volk van die Here.  “Kom veg met my.  Stuur `n man na my toe wat teen my kan kom veg.  Elke dag hoor die Israeliete die uittarting, die arrogante spottery.  Hulle word self op die heilige Sabbat uitgedaag.  “As iemand my kan verslaan, word ons julle slawe.  As ek die geveg wen, is julle ons slawe.”  En toe word Israel vir 40 dae lank slawe van hulle eie vrees.

“Ons het `n reuse probleem.  Goliat is omtrent 3 meter lank.  Sy harnas weeg omtrent 62-63kg. en kyk daai man se spies – so dik soos `n wewersbalk.  Die punt van die spies alleen weeg omtrent 7,5 kg.  Ons probleem het nog `n wapendraer ook wat voor hom uitloop.”
“Ha!  Kyk hoe word my lewe deur die klomp Israeliete bedreig.  My lewe is in gevaar...” Hoor u die sarkasme, die belediging, die vernedering van die volk van God in alle opsigte.
Daar sit die Israeliete in hulle kamp.  Een ding is seker, ons grootste probleem is Goliat.  Ons het hierdie een gemeenskaplike probleem, Goliat is jou probleem en hy is my probleem.  En skielik begin daar `n nuwe stryery, `n nuwe debat – hoe op aarde gaan ons ontslae raak van die probleem?

Bid hom weg.  Laat Samuel haal, sodat hy die probleem vir ons kan wegbid.  Kom ons kry `n klompie dapper manne bymekaar sodat ons die man in `n lokval kan inlei.  Miskien kan iemand op hom afsluip en hom met `n pyl skiet.  Ja, maar hy het `n harnas aan – vergaderings, komitees en debatte – parra parra parra.

Die eintlike werklike probleem.

Is Goliat werklik die probleem?  Is die probleem van die kerk werklik finansies, min invloed of wat ookal?  Die werklike probleem is baie baie groter as Goliat.  Waar is jou geloof in die Almagtige God?  Maar wat beteken dit om in God te glo?

Geloof is nie positiewe denke nie.  Ons kan nie net glo dat ons vir Goliat kan verslaan nie.  Visualiseer jou oorwinning oor Goliat...en as jou droom verby is dan staan Goliat nog daar in sy volle grootte en tart jou uit.  Kom ons psyche onsself op, sommer met trompoppies en allerhande strydkrete, totdat ons genoeg geloof het om die reus te verslaan.  As ons dit doen, sal ons `n krag in ons ontdek wat ons nie eens geweet het ons besit nie.  Ontdek jou “inner self” en presto – daar val Goliat.  Ek is nie `n positiewe denker nie, ek wil veel eerder `n gelowige wees.

Geloof beteken nie om in jouself te glo nie.  “Believe in youself” is die grootste gif wat in ons geloofslewe kan insluip want dit werk geloof in God teen.  geloof is nie `n positiewe manier van dink nie.  Nog minder is dit om maar net te aanvaar dat alles op die een of ander manier gaan uitwerk.
Geloof volgens die Bybel is `n baie presiese saak.  Dit beteken om God absoluut, onvoorwaardelik op Sy geopenbaarde Woord te neem.  Glo wat God aan jou geopenbaar het.
Maar wat van die reus wat hier voor ons staan?  Geloof werk immers in die praktyk.
Israel is hier reg langs die Jordaan, op die rand van die beloofde land.  God het ons mos uit Egipte verlos,  God het mos water en voedsel voorsien.  Ons klere en ons skoene het nie verslyt nie.  Ons is uiteindelik by die beloofde land – hoera!  Nou kan ons die land inneem.
En tog gebeur dinge so anders.  Hier is reuse in Kanaan, ons is nou diep, diep in die moeilikheid.  En eers 40 jaar later, nadat `n ongelowige geslag uitgesterf het, het Israel uiteindelik op God se beloftes vertrou.  Israel gaan Kanaan binne terwyl die reuse nog steeds daar is.  Hy het nie die reuse laat verdwyn nie.  Hierdie geslag wat nou die land ingaan sien egter kans vir die reuse.
Die Here het gesê dat ons Kanaan sal inneem.  Hy het gesê dat ons sal oorwin.  Die Here het nooit iets gesê van groot of klein vyande nie – Hy het gesê dat ons die vyand sal verslaan.  Hy het gesê dat ons meer as oorwinnaars in Christus Jesus onse Here is.
God het niks gesê van Goliat nie.  Die Israeliete krimp ineen van die vrees.  Tye het verander.  Die vorige dinge was so lank lank gelede.  Ons lees in 1 Samuel 14 dat Jonatan `n hele leërafdeling van die Filistyne verslaan het.  Dit was maar klompie jare voordat Goliat ou grootbek op die toneel verskyn het.  Waar is Jonatan nou?

In die aand sit die volk om die vuur en praat oor Goliat, maar hulle praat so min oor die lewende God.
Goliat sien Israel se ongeloof raak, terwyl Israel net vir Goliat raak sien.
Daniel Doriani se kommentaar op v8 “Am I not a pagan, God hating Philistine?  Then why won’t any of you men of the Living God fight me?  You must not really believe in Him at all!  In fact, you must believe a nine foot warrior is actually stronger than your living God, when it comes to the REAL battle”.

God gee in genade die oplossing vir Goliat.

Een dag, terwyl Goliat so besig is met sy spottery en uitdagings – juis op daardie presiese toevallige oomblik daag Dawid daar op.  Sy ore tuit en sy hart slaan aan die brand “Hoe durf hierdie Filistyn, hierdie heiden so met die Here spot?  Toevallig het God se oplossing op daardie presiese oomblik daar aangekom.
Daarop het Dawid die manne wat by hom staan, gevra en gesê: Wat sal met die man gebeur wat hierdie Filistyn verslaan en die smaad van Israel wegneem? Want wie is hierdie onbesnede Filistyn, dat hy die slagordes van die lewende God durf uitdaag?
(1Sa 17:26)

En Dawid het aan Saul gesê: Laat die manne se moed tog nie ter wille van hom sink nie. U dienaar sal gaan en teen hierdie Filistyn veg.
(1Sa 17:32)

Met `n slingervel en gladde klippies in sy hand loop Dawid vir Goliat tegemoet.  In sy hart brand die ywer vir God se eer en `n vaste vertroue in God en dat God `n Waarmaker van Sy eie Woord is.  Hy gaan in die krag van die Gees van God.  Dit is so briljant.  Skielik keer God die situasie om en spot met Goliat.  Die Here spot uit die hemel met die goddelose.

Saul en die ander manne sê Sjoe!  Dankie tog dit is nie een van ons wat die reus moet gaan face nie.  En die Here gebruik een gladde ronde klip om vir Goliat mee neer te vel.  Die Here lag vir die goddelose.  Dawid, `n klip en `n slingervel – God se instrumente  verslaan die reuse probleem.

Die lewende God is nog op die troon.  Sy beloftes staan nog steeds vas.  God het groot dinge vir die toekoms van Sy volk – Hy het `n verlosser vir Israel gestuur.
God het ook vir ons `n Verlosser gestuur wat die koninkryk van die duisternis oorwin het.  Hy doen dit deur `n kruisdood.  `n Joodse Rabbi sterf aan `n kruishout in smarte, pyn en ellende en vernietig daarmee die Satan en al sy bose magte.
Tog maak die kerk, die gelowiges nie `n groot impak op die wêreld nie.  Kan God weer vir die kerk `n John Knox stuur?  Kan God vir Suid-Afrika `n Billy Graham opwek wat die land kan omkeer?  Is dit moontlik dat God Pietersburg werklik kan verander?  Het die Here dit al in die verlede met stede en lande gedoen?

As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees. Nou sal my oë oop wees en my ore luister na die gebed van hierdie plek.
(2Kr 7:13-15)

Het God dit gesê?  Doen God wat Hy belowe het?
Die kerk het so dikwels min impak op die wêreld.  Maar die kerk het so dikwels min impak op haar eie lidmate.  Ons denke en filosofieë het so wêrelds geword.  Sonde word so maklik geïgnoreer dat iemand eendag tereg opgemerk het: “The Christians are many, but they are not much.”  Ons het so baie Goliatte voor ons.
Op klein dorpies en selfs in stede is daar so baie gemeentes wat hulle deure sluit.  Sekularisasie vernietig die kerk.  Die regering bedreig die kerk met sy beleid.  Is ons probleem Goliat of te min vertroue in God en Sy verlossende krag deur die Evangelie boodskap.
Werk God net in gunstige omstandighede, wanneer die klimaat reg is?

Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.
(Rom 1:16)

Glo ons werklik in God en in God se Woord?  Is die beloftes van die Here genuine?  Of probeer ons eers `n gunstige klimaat skep, sodat God kan werk?  Het ons Saul se harnas nodig om ons te beskerm, of sien ons kans om met die wapenrusting van God te veg?  Sien ons genuine kans om die Boodskap van `n gekruisigde Redder in `n donker wêreld in te gooi met `n slingervel en die krag van die Gees van God?

Is ons probleem Goliat, of is hy net die simptoon van `n dieper probleem?


Sunday 9 September 2012

Die Christen se wonderlike hoop wat in die hemel gebêre is



Die Christen se wonderlike hoop wat in die hemel gebêre is 1.
Paulus, ‘n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, en die broeder Timótheüs, aan die heilige en gelowige broeders in Christus wat in Kolosse is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus! Ons dank die God en Vader van onse Here Jesus Christus altyd as ons vir julle bid, omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en julle liefde tot al die heiliges, vanweë die hoop wat vir julle weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het deur die woord van die waarheid van die evangelie, wat julle sowel as die hele wêreld bereik het; en dit dra vrug, net soos onder julle ook, van die dag af dat julle dit gehoor het en die genade van God in waarheid leer ken het; soos julle ook geleer het van Épafras, ons geliefde mededienskneg, wat ‘n getroue dienaar van Christus vir julle is, wat ook julle liefde in die Gees aan ons te kenne gegee het.
Kol 1:1-8

vanweë die hoop wat vir julle weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het deur die woord van die waarheid van die evangelie,
Kol 1:5

Daar is 3 genadegawes (3 Goddelike geskenke aan ons) wat duidelik sigbaar in `n Christen se lewe moet wees...geloof, liefde en hoop.  Dit behoort so sigbaar te wees, dat vreemdelinge dit dadelik in ons lewens moet raaksien.  Dit moet so sigbaar wees, dat ander mense wat ons nog nooit ontmoet het nie, daarvan moet hoor.  Ons het gehoor van julle geloof, liefde en hoop.  Die mense het so baie oor julle geloof , liefde en hoop gepraat – dat dit tot ons ore gekom het.  Wat `n besondere manier van getuig.  Dat ander mense oor die gemeente in Kolosse praat.  Mag mense oor Houtkruis praat, sonder dat ons ooit sal bloos oor wat die mense van ons sê.
Geloof is die wortel van elke ander genadegawe.  Daarom moet ons elke dag bid: “Here versterk asseblief my geloof”  Ons moet strewe daarna om tot oorlopens toe gevul te wees met God se liefde.  Mag ons ook oorvloedig wees in ons hoop.  Mag ons hoop van so `n aard wees, dat dit ons reinig en voorberei vir ons erfenis in die hemel.  Laat geloof, liefde en hoop nie vreemd by ons wees nie, maar `n tuiste in ons harte maak.
Nie elke soort geloof, liefde en hoop is die ware Jakob nie.  Ons moenie dink dat elke stukkie glas wat ons sien is diamante nie.  Daar is vals geloof, vals liefde en vals hoop.
Ons geloof is in Jesus Christus die Seun van die lewende God.  Hy wat deur die wêreld verwerp word, `n struikelblok vir die ongelowige, Hy wie se lering vir die mense aanstoot en belediging is.  Ons vertroue is nie in onsself of menslike dinge nie, nie in die tradisies van ons voorouers nie, nie in die geleerdheid en wysheid van die slim mense nie – ons vertroue is in Jesus Christus alleen.
Christelike liefde is net so uniek aan die Here se koninkryk.  Hoe lief het ware Christene nie hulle medegelowiges nie.  Hoe brand ons liefde nie vir hulle wat vervolg, gespot en verdruk word terwille van hulle geloof nie
Hoe wonderlik is Christelike hoop nie.  Ons hoop is in die hemel weggelê, `n hoop wat vreemd aan hierdie wêreld is.  Hulle hoop dat die wêreld `n beter plek sal wees, more is dalk `n beter dag as vandag.  Hulle hoop op rykdom, roem, lang lewe, voorspoed, plesier, vrede in hulle huise, die wêreld se hele hoop is op die tydelike gerig.  Die Christen se hoop is anderkant die wolke, in die hemel weggelê vir ons.


Ons hoop is `n onuitspreeklik wonderlike hoop.
God gee uit die rykdom van sy genade aan ons hoop.  Almal van ons het die wette van God oortree, teen Hom gerebelleer, ons wou Hom nie dien nie, ons het almal gesondig – maar tog het God vir ons `n hoop in die hemel gebêre. 
Hoe het die duiwel ons nie afgetakel nie.  Hy het aan die deurposte van ons harte kom skrywe “Geen hoop”.  Dit sou tot in ewigheid so gebly het, as `n liefdevolle hand nie hisop geneem en hierdie swart bitterheid van wanhoop met die besprenkeling van bloed verwyder het nie.  Hoe verskriklik (dreadful) was ons toestand nie.  Geen Hoop.  Dit is om van selfmoord te pleeg.  Hoe het dit nie eentonig deur ons harte weerklink nie...geen hoop...geen hoop...geen hoop...  En toe kom geloof  en maak die hoop in ons harte wakker.
Ons hoop word aan die hemel verbind.
Kan die hemel bedoel wees vir mense soos ons??  Dit wil amper voorbarig klink of voel dat ek my oë na die hemel ophef en vir God Abba Vader sê.  Die kinders van God gaan nie hel toe nie, maar hemel toe.  Ons hoop is tot oorlopens toe vol van heerlikheid, oneindige heerlikheid.  Ons hoop is verbind aan die heerlikheid van Christus.  Ons hoop is om eendag ons Geliefde van aangesig tot aangesig te mag aanskou.  Ons hoop is Jesus Christus onse Here.
Ons hoop is deur God aan ons geopenbaar.
Hierdie hoop is so wonderlik dat geen mens dit kon uitdink nie.  Wie sou ooit kon dink, dat God Sy eie Seun sal stuur in die gedaante van `n mens om vir ons aan `n kruis te moet sterf.  Wie sou ooit kon dink dat die gekruisigde Jesus 3 dae in die graf sal wees en dan sal opstaan om die dood te vernietig.  Watter mens kon uitdink dat ons eendag by God in die hemel sal wees, dat ons soos Jesus sal wees?
Ons hoop het deur gehoor gekom.
Ons het nie daarna gesoek of daarvoor gewerk nie.  Ons hoop het gekom, deurdat ons daarvan gehoor het.  Ons het gehoor van die reddingswerk van God in Jesus, wat `n vertroue in ons gewek het.  Dit was nie met slim redenasies en debatte nie.  Toe ons die Evangelie gehoor het, het ons dit geglo. (Kol 11:5)
Neig julle oor en kom na My toe, luister, en julle siel sal lewe; Ek wil met julle ‘n ewige verbond sluit: die bestendige genadebewyse van Dawid.
Jes 55:3

Net deur die Woord te hoor word my vertroue in Christus gewek, en word ons gevul met `n blye versekering en `n toenemende liefde vir die Woord van die Here.
so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.
Jes 55:11




Ons hoop is `n buitengewone hoop.
Ons hoop op oorwinning.  Die kerk sal elke teenstander oorwin.  Die duiwel sal deur die kerk vertrap word.  Ons lewe sal nie in mislukking eindig nie, maar in die volle heerlikheid van ewige triomf.  We will overcome through the blood of the Lamb
Ons hoop is die heerlikste hoop.
Ons hoop nie net op oorwinning nie maar ons sal ook volmaak wees.
Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is.
1Joh 3:2-3

Die jonger boeties gaan soos die Eersgebore Boetie wees.  Hoe sal God ons nie vereer nie, Hy sal ons bekroon!  Heilig, onskuldig, onbevlek en rein soos die Here Jesus self.  Ons sal nie eers meer `n geneigdheid he om sonde te doen nie.  Volmaak ten volle in `n sondelose bestaan of toestand.
Ons sal God nog meer intens lief he as wat ons Hom nou het.  Geen pyn, geen berou, geen verdriet, geen smart, niks wat ons aandag kan aftrek van God af nie.
Dit is ons hoop – oorwinning oor boosheid en volmaaktheid in alles wat goed is.
Ptg 9 Sept 2012.



Friday 16 March 2012

Is Islam `n gevaar vir die Christelike geloof?

https://www.facebook.com/profile.php?id=100000872240057
Is Islam `n gevaar vir die Christelike geloof?
In 1998 herdenk die Verenigde Nasies 50 jaar sedert die VN se verklaring van menseregte.  Artikel 18 van hierdie verklaring bevat `n lys van vryhede wat basies aan die mens is.  Hierdie regte word ontken aan nie-Moslems in Moslem lande.
April 1999 Christen Solidariteit Internasionaal (Christian Solidarity International – CSI), 1783 slawe word deur hulle bevry.  Die CSI het US$50 per slaaf aan die Islamitiese regering in Khartoem betaal.  Die slawe was mense wat geweier het om onder dwang Islam te aanvaar.
Melbourne Australië – Moslems was vasberade om `n moskee te bou in `n area wat deur die plaaslike regering as ongeskik verklaar is.  Hulle het geappelleer na die Menseregte en Gelyke Geleenthede kommissaris. Australiese Islam Assosiasie (Australian Islamic Association) se president Ali Altunsoy het ontken dat sy gemeenskap enige wette oortree.  Hy het die plaaslike regering daarvan beskuldig dat die plaaslike regering inmeng in hulle menslike reg om hulle godsdiens in vryheid te beoefen. (Rachael Howes “Mosque takes on council”, Weekend Australian, February 13-14, 1999, 11)
“We didn’t decide to practice in the mosque at these times.  It is a decision from God...not anyone can change that.”
Toe die VN hulle oorspronklike grondwet gedebatteer het, het Charles Malek (Libanese afgevaardigde en Christen), daarop aangedring dat daar `n klousule aangebring word wat vryheid van godsdiens en aanbidding sal waarborg.  Moslem afgevaardigdes het beswaar daarteen aangeteken.  Mnr. Malek ken uiteraard die Moslems beter as enige van die Westerse afgevaardigdes.  50 Jaar later was daar nog steeds geen daadwerklike veranderinge nie.  Edikte van die Koran sal onwaarskynlik deur die VN teë gegaan kan word (indien dit ooit sal kan gebeur).

Sura 3:85 “If anyone desires a religion other than Islam (submission to Allah) never will it be accepted of him (eie beklemtoning); and in the hereafter he will be in the ranks of those who have lost.”

Iran, Qatar, Saudie Arabië en Soedan het die doodstraf gewettig vir enigeen wat van Islam na enige ander geloof bekeer.  Wanneer Islam `n volk oorneem word die mense met een van drie keuses gekonfronteer.
Gee oor en word Moselms
Sterf of ly as slawe

Lewe voortaan soos `n lae klas mens, en daar word teen jou gediskrimineer vir die res van jou lewe.  Die oorwonne volk word dhimmis en die Islam wet (Shariah) vervang die vorige wette van die volk. (Jacques Ellul, Voorwoord tot The decline of Eastern Christianity under Islam, by Bat Ye’or London: Associated University Presses 1996, p19
Jihad is die eerste fase om `n volk aan Islam te onderwerp.  Die tweede fase is dhimma – die regering van die oorwonne volk.  Politiese, ekonomiese, godsdienstige en kulturele prosesse word geïnisieer om alle pre-Islamitiese kultuur en godsdiens uit te wis.  Hierdie proses word gehandhaaf, al sou dit eeue neem. (The decline of Eastern Christianity under Islam, by Bat Ye’or London: Associated University Presses 1996, p108)
In Februarie 638 nC gee Jerusalem oor aan die Moslems leër.  Sophronius oorhandig die sleutels van die stad aan Kalif Omar met hierdie woorde: “Behold the abomination of desolation spoken of by Daniel the Prophet” (William Dalrymple, From the Holy Mountain, Hammersmith, London: Flamingo 1998, p18.)
Nie-Moslems wat in Moslem lande woon weet al te goed dat dinge vir “ongelelowiges” nie verander het nie.

Mei 1998, Pakistan, 65 jaar oue Dr. John Joseph, Biskop van Faisalabad pleeg selfmoord om die wêreld se aandag op Christene se lyding te vestig.  200 Christene was ter dood veroordeel nadat hulle aan godslastering skuldig bevind is – (enige kritiek teen Islam).  Die biskop het sy dood as `n “offer protes” teen die viktimisering van Christene beskou onder Pakistan se kontroversiële godslastering wette. (Barbara G Baker, Owner – Religiousliberty@xc.org 8 May, 1998)

Suid-Afrika speel gereeld internasionaal krieket teen Pakistan (en ander Moslem lande).  Dank Vader ek is nie `n krieketspeler nie.  As Christen sal ek weier om teen hierdie lande te speel uit protes dat my broers en susters in Christus so ly in die Moslem lande.  Krieket is nie my god nie, Jesus is.

Naimat Ahmer `n Punjabi skoolhoof in diens van die Pakistan regering word aangeval deur `n Moslem.  Naimat word in stukke opgekap.  Sy kop word amper heeltemal van sy lyf af gekap.  Baie van die Moslem onderwysers het kapsie gemaak teen die feit dat `n nie-Moslem `n toesighoudende posisie teenoor Moslems beklee.  Die moordenaar skreeu: “Ek het die wêreld van hierdie boosheid verlos!”  Toe die moordenaar tronk toe gestuur word, het mense van oraloor kranse en blomme by sy tronk kom lê, omdat hy hulle held was (Chris Walker, Struggling Under Oppression, On Being, October 1993, p7.
Surah 9:29 (Koran) – “Fight against such as those who have given the Scripture as believe not in Allah nor in the Last Day, and forbid not that which Allah hath forbidden by His messenger and follow not the religion of truth, until they pay their tribute (jizyah) readily being brought low. (Pickthall’s translation).
Die eindresultaat van suksesvolle jihad is dhimmitude vir die oorlewendes.  Godsdienstige apartheid en diskriminasie is die norm in Moslem lande.
Luitenant Generaal Omar al-Bashir, president van Soedan “How do you expect us to introduce equaility when inequality is the will of God?”  Dit is die amptelike lering en gesindheid van die Koran teenoor nie-Moslems.  Handeldryf met nie-Moslems (as slawe) was amptelik verdra in Soedan.  Om die slawe vry te koop was strafbaar met die dood.  (Hugh Rimington, “Slaves of Sudan”, Good Weekend, 7 August 1999, p52)  Die Koran leer dat Moslem vroue nie aan die Moslem man gelyk is nie.  Nie-Moslems is nie aan Moslems gelyk nie.
Koning Fahd van Saoedi Arabië het 350 Moslem teoloë bymekaar geroep vir `n debat.  “Is dit toelaatbaar vir Moslems om deur nie-Moslems beskerm te word?”  (1990’s tydens die golf-oorlog).  Een van die Egiptiese teoloë antwoord: “If a Moslem is attacked by a mnurderer he can be defended by an unclean dog – so why not by a foreigner” (Richard Wurmbrand, “Saudis Will have the Word of God” Voice of the Martyrs, March 1998, p2)
In die praktyk is daar verskillende vorms van dhimmitude, maar oral was dit verwoestend vir nie-Moslems.  Alle Moslem outoriteite plaas groot beperkings op alle nie-Moslem gelowe.  Christene en Jode (Mense van die Boek) mag op sekere plekke aanbid, maar slegs met streng beperkings.  Daar mag geen verspreiding van enige ander geloof wees nie.  Normaalweg word die bou van nuwe kerke, kloosters en sinagoges verbied.  Plekke van aanbidding mag herstel word, maar nie vergroot word nie.  Toestemming om dit wel te doen is bykans onmoontlik om te verkry.  In Egipte tot teen 1998 kon slegs die president hierdie toestemming verleen. (Just Another Sunny Day, Barnabas, Spring 1998, p7).  Nie-Moslem plekke van aanbidding word eerder gesloop as gerestoureer.  In Soedan was daar in een bisdom 586 plekke van aanbidding, teen 1998 was daar slegs een oor.
Kerke word eerder in Moskees omskep.  Dikwels is daar `n verbod op die gebruik van klokke, begrafnisse, seremonies en verdere konstruksiewerk.  Kerke word eenvoudig gekonfiskeer.  Bybels mag nie ingevoer word nie en geen kruise mag gedra word nie.  Kersbome, stuur van kaartjies (bv. Kerskaartjies) is ontoelaaatbaar. In Saoedië Arabië word mense vir sulke “oortredings” gearresteer.  Christene mag nie eers binne die grense van Saoedië Arabië begrawe word nie.
Vanaf 1266 nC is Jode en Christene toegang geweier na die grot van Magpela in Hebron (Die Hebreeuse aartsvaders is hier begrawe – dus `n Joods-Christelike plek).  In 1862 was die prins van Wallis een besoek toegestaan.  Jode was nog steeds verbied om daar te kom tot na 1967 se ses daagse oorlog. (Die Joodse leër het beheer oor die gebied verkry).  Vir 7 eeue was hulle toegang geweier na een van hulle eie heilige plekke.  (Bat Ye’or, The Decline of Eastern Christianity under Islam, p87)
Tussen 1995-1997 was 131 kerke in Indonesië aangeval.  Hierdie nasionale neiging is besig om te versnel.  Tussen 1945-1954 was daar geen aanvalle op kerke.  Vanaf 1955-1964 was 2 kerke aangeval.  Vanaf 1965-1974 was 46 kerke aangeval.  Vanaf 1975-1984 was 89 kerke aangeval.  Vanaf 1985-1994 was 132 kerke aangeval.  (Statistics of Churches Destruction in Indonesia, ISIC Bulletin, June?july 1998 p8)
Muhammad Bashrie, die hoof van Indonesië se Ulema Nasionale Raad het gevra vir Jihad sedert Maart 1998 en verderaan.  Ja’far Umar Talib is in `n internasionale Jihad universiteit in Lahore, Pakistan opgelei.  In Yogyakarta het hy 10 000 manne bymekaar gekry om die Malaku eilande te beset.  Derduisende mense is gedood.  “Islam is the highest religion and the best...There is no way to get respect from non-Muslims for Mulsims except through Jihad” (eie beklemtoning). (“Militant Islam on the rise in Indonesia” Indonesian Christians via WEF Religious Liberty E-mail conference quoted in Victorian Baptist Witness, June 2001, p12)
Prof. Bassam Tibi, Siriese politieke wetenskaplike was van mening dat Indonesië die beste plek was vir Moslem-Christen dialoog rondom menseregte.  Wie mislei en wie word mislei?  Daar was “genuine tolerance for different religions in this overwhelming Muslim society!” (Patrick Walters, “West Islam Clash on HumanRights, Democracy” Australian, 1-2 April 1995, p16)
Ondersoeke deur die VN en andere het aangedui dat sedert 1999 (na onafhanklikheid), Oos timor absoluut die teenoorgestelde is.
Wes-Sumatara, Salmon en lisa Ongirwalu het `n jong vrou gehuisves wat pas `n Christen geword het.  Ds. Robert Marthinus het toegelaat dat sy by die hoërskool inskryf (waar hy hoof van was).  Ds. Yanuardi Koto het sy goedkeuring daaroor uitgespreek.  In 1999 word Ds. Koto gevonnis tot 7 jaar tronkstraf.  Ds. Marthinus ontvang `n 6 jaar vonnis.  Ongirwalu ontvang `n 8 jaar vonnis, wat verleng word na 10 jaar nadat hy teen sy vonnis geappelleer het. Die vroue van Salmon en Marthinus saam met die kerksekretaris (Yenni Mendrofa) het almal 6 jaar vonnisse ontvang.
Vanaf 1990-1993 is 329 Christene gearresteer in Saoedie Arabië.  Van die gelowiges het lyfstraf gekry.  Almal was gedeporteer vir misdade soos saam bid, besit van Bybels, prente van Jesus en bandjies van Christelike liedere.  Saoedie Arabië se wette is nog onveranderd. 
Sura 2:256 Koran – “There is no compulsion in religion. Verily the right path has become distinct from the wrong path.  Whoever disbelieves in in false deities and believes in Allah, then he has grasped the most trustworthy handhold that will never break.  And Allah is All-Hearer, All-Knower.” (eie beklemtoning).
Tog word bekerings na Islam geforseer.  In Jemen (tot die Joodse eksodus na Israel in 1950) was Joodse weeskinders weggeneem van hulle naaste families (volgens die wet)  en as Moslems groot gemaak.  In Oos-Afrika was Christene se kinders ontvoer met dieselfde doelwit.  Tydens die Armeniese massamoorde van die 19de en 20ste eeue, het Christene Islam aanvaar om die dood vry te spring.
Die implikasies is ook baie wyer as net godsdienstige invloede.  Nie-Moslems mag geen openbare posisie bekleë met gesag nie.  (Anders sal `n nie-Moslem gesag oor `n Moslem kan uitoefen, en dit is verbode).  Hierdie beginsel geld ook in die hele arbeidsmark.  Nie-Moslems mag geen bestuursposte beklee nie.  “There is no authority of the infidel sover the Muslims...In addition a non-Muslim should be humiliated as an infidel.” (Dr Badr El Deen Abdel Moumin, Journal of Administration of Governmental Judicial Cases, July/September, 1979, quoted in Behind the Veil, Unmasking Islam, p139)
Die getuienis van `n nie-Moslem teen `n Moslem in `n hof word nie aanvaar nie.  `n Moslem kan nie ter dood veroordeel word as hy/sy `n nie-Moslem vermoor het nie.  Die hoogste vonnis is om bloedgeld aan die familie van die vermoorde te betaal.  Indien `n Moslem `n ander Moslem vermoor, kan die doodstraf opgelê word.  In Pakistan 1964, is `n wet aanvaar dat die getuienis van `n Christen ½ van die waarde van `n Moslem sal hê.  Die getuienis van `n Christen vrou sal ¼ van die waarde van `n Moslem hê.
Om 11h30 word Nageen `n 7 jaar oue Christenkind verkrag.  Daar was getuies tot die voorval en die 4 mans was positief geïdentifiseer.  Shekhupura hospitaal het bevestig dat die meisie se beserings so erg was dat sy nooit kinders sou kon hê nie.  Haar ouers het `n klag by die polisie gaan lê.  Dosyne getuies het die identiteit van die misdadigers bevestig.  Al 4 mans is gevange geneem, maar uiteindelik vrygelaat omdat die polisie geen bewyse teen hulle kon vind nie.  “...her religion made her worthless, vulnerable and unlikely to be believed...in a judicial system in which the word of a Muslimis worth more than that of a Christian” (Cathy Scott-Clark and Adrian Levy, “Pakistan’s War on Christians” Sunday Times Magazine, 24 January 1999, quoted in Reader’s Digest, April 2000, p117)
19 Maande daarna word Nageena se pa gearresteer en aangekla van die moord op `n bejaarde vrou.  Getuies het bevestig dat Ghulam saam met hulle in die veld gewerk het, ten tyde van die moord.  Die mans wat die klag gelê het, was die verkragters van Nageena.  Inspekteur Mustaq Ahmed (dieselfde polisieman wat die verkragters vrygelaat het), het hierdie saak ondersoek.  Hy het bevind dat die klaers goeie Moslems was en dat hy geen rede gehad het om anders te glo nie.  “My first duty is to Islam.  The courts will take a similar view and Ghulam will be hanged.  You’ll see.” (Religous Freedom Today, February 1999, p2)
`n Moslem man mag met `n dhimmi vrou trou.  Ook kan hy met `n Christen vrou trou, al is sy alreeds getroud.  Die Christelike huwelik word in so `n geval outomaties ontbind.  `n Nie-Moslem man mag egter nooit met `n Moslem vrou trou nie.  Nor’aishah Bokhari `n 25 jarige eks-Moslem vrou wou met `n Christen Joseph Lee trou.  Haar familie het haar vir 41 dae gevange gehou, en die polisie het ook betrokke geraak.  Op 30 Desember ontsnap Bokhari en gaan kruip weg saam met Lee.
Moslem outoriteite dwing dikwels nie-Moslem minderheidsgroepe om jizyah te betaal (belasting).  Die Koran bepaal ook dat nie-Moslems verneder moet word.
Sura 9:29 Koran: “Fight against those who, (1) believe not in Allah, (2) nor in the Last Day, (3) nor forbid which has been forbidden by Allah and His Apostle, (4) and those who acknowledge not the Religion of Truth (i.e. Islam) among the People of the Scripture (Jews and Christians untli they pay the Jizya (A tax levied from the Jews and Christians who are in the protection of a Muslim Government) with willing submission, and feel themselves subdued.”
Oorspronklik was hierdie belasting net op Jode en Christene gehef.  Dit is later uitgebrei na enige ander geloof as Islam.
Hamas is `n polities-militêre organisasie van Islam met `n groot invloed in die Midde-Ooste.  Hulle het een groot doelwit om alle Jode (en om Israel) te vernietig.  “Jihad ...is the only way to liberate Palistine.  There is no solution tot he Palistinian question except through jihad.  There is no doubt about the testimony of history” (ISIC Bulletin, October/November 1997, p7)
Die PA (Palistinian Authority) bepaal in hulle Basiese Wet Artikel 4b dat die beginsels van Islamitiese shariah die bron van hulle wetgewing moet wees.  `n Verslag van die Israeliese regering in die Jerusalem Post beweer dat Christene sedert 1995 onder toenemende druk verkeer.  Hulle begraafplase word geskend en kerke beroof.  (Voice of the Martyrs, Special Edition 1988, p22)
Gedurende die 20ste eeu dwarsdeur die Midde-Ooste streek het die Christene afgeneem van 11,6% na 3,5%.  Die afname word toegeskryf aan emigrasie om van Moslem onderdrukking te ontsnap.  Indien hierdie tendens voortduur sal daar feitlik geen kerk meer in die Midde-Ooste teen 2040 wees nie. (No Chruch In the Middle East By 2040, Barnabas, Winter    1999-2000, p4)
Die Moslem Broederskap (Muslim Brotherhood) is in 1928 in Egipte gestig.  Hulle leuse is: “The Quran is our guide; death fort he glory of Allah is our greatest ambition” (The Holy Land, www.barnabasfund.org, 5 March 2002.)
Abu Hamza al-Masri het gesê: “our fighters will fight until the heretics have disappeared...even if this means the death of all human beings” (“Enthusiasm Knows No Bounds”, ISIC Bulletin, April/May 1998, p9). Moslems glo dat net Islam die ware geloof is.  Die doelwit van alle Moslems is die daarstelling van `n verenigde, universele teokrasie, waarin shariah (Islam wet) bo alle ander stelsels ingestel word.  “All will revert to Islam or face the possibility of subjugation or elimination” (Dr Elass, “What Muslims Think of America”, Moody, November/December 2001, p17)
Wanneer Christene met sulke aggressiewe uitdagings gekonfronteer word, verval ons dikwels in vrees.  Dit is presies wat die Moslem hordes wil hê.  “...fear is the darkroom in which Satan develops his negatives.  The purpose of fear is manupilation and control” (Razaf Safa, Inside Islam, Orlando, Florida: Creation House, 1996, p12)
Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.
(1Joh 4:18)

Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel— en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.
(Heb 2:14-15)

Ons hoef nie die bedreiging van Islam te vrees nie.
En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
(Mat 16:18)

Christene moet nie aan die slaap gevang word deur die bedreiging van Islam nie.  Kom ons bid en werk vir herlewing met passie vir die ware God en Sy Seun Jesus Christus in die krag van die Heilige Gees.