Is Islam `n gevaar
vir die Christelike geloof?
In 1998 herdenk die Verenigde Nasies 50 jaar sedert die VN
se verklaring van menseregte. Artikel 18
van hierdie verklaring bevat `n lys van vryhede wat basies aan die mens
is. Hierdie regte word ontken aan nie-Moslems
in Moslem lande.
April 1999 Christen Solidariteit Internasionaal (Christian
Solidarity International – CSI), 1783 slawe word deur hulle bevry. Die CSI het US$50 per slaaf aan die
Islamitiese regering in Khartoem betaal.
Die slawe was mense wat geweier het om onder dwang Islam te aanvaar.
Melbourne Australië – Moslems was vasberade om `n moskee te
bou in `n area wat deur die plaaslike regering as ongeskik verklaar is. Hulle het geappelleer na die Menseregte en
Gelyke Geleenthede kommissaris. Australiese Islam Assosiasie (Australian
Islamic Association) se president Ali Altunsoy het ontken dat sy gemeenskap
enige wette oortree. Hy het die
plaaslike regering daarvan beskuldig dat die plaaslike regering inmeng in hulle
menslike reg om hulle godsdiens in vryheid te beoefen. (Rachael Howes “Mosque takes on council”, Weekend Australian, February
13-14, 1999, 11)
“We didn’t decide to practice in the mosque at these
times. It is a decision from God...not
anyone can change that.”
Toe die VN hulle oorspronklike grondwet gedebatteer het, het
Charles Malek (Libanese afgevaardigde en Christen), daarop aangedring dat daar
`n klousule aangebring word wat vryheid van godsdiens en aanbidding sal
waarborg. Moslem afgevaardigdes het
beswaar daarteen aangeteken. Mnr. Malek
ken uiteraard die Moslems beter as enige van die Westerse afgevaardigdes. 50 Jaar later was daar nog steeds geen
daadwerklike veranderinge nie. Edikte
van die Koran sal onwaarskynlik deur die VN teë gegaan kan word (indien dit
ooit sal kan gebeur).
Sura 3:85 “If anyone desires a religion other than Islam
(submission to Allah) never will it be
accepted of him (eie beklemtoning); and in the hereafter he will be in the
ranks of those who have lost.”
Iran, Qatar, Saudie Arabië en Soedan het die doodstraf
gewettig vir enigeen wat van Islam na enige ander geloof bekeer. Wanneer Islam `n volk oorneem word die mense
met een van drie keuses gekonfronteer.
Gee oor en word Moselms
Sterf of ly as slawe
Lewe voortaan soos `n lae klas mens, en daar word teen jou
gediskrimineer vir die res van jou lewe.
Die oorwonne volk word dhimmis en
die Islam wet (Shariah) vervang die
vorige wette van die volk. (Jacques
Ellul, Voorwoord tot The decline of Eastern Christianity under Islam, by Bat
Ye’or London: Associated University Presses 1996, p19
Jihad is die eerste fase om `n volk aan Islam te
onderwerp. Die tweede fase is dhimma – die regering van die oorwonne
volk. Politiese, ekonomiese,
godsdienstige en kulturele prosesse word geïnisieer om alle pre-Islamitiese
kultuur en godsdiens uit te wis. Hierdie
proses word gehandhaaf, al sou dit eeue neem. (The decline of Eastern Christianity under Islam, by Bat Ye’or London:
Associated University Presses 1996, p108)
In Februarie 638 nC gee Jerusalem oor aan die Moslems leër. Sophronius oorhandig die sleutels van die
stad aan Kalif Omar met hierdie woorde: “Behold the abomination of desolation
spoken of by Daniel the Prophet” (William
Dalrymple, From the Holy Mountain, Hammersmith, London: Flamingo 1998, p18.)
Nie-Moslems wat in Moslem lande woon weet al te goed dat
dinge vir “ongelelowiges” nie verander het nie.
Mei 1998, Pakistan, 65 jaar oue Dr. John Joseph, Biskop van
Faisalabad pleeg selfmoord om die wêreld se aandag op Christene se lyding te
vestig. 200 Christene was ter dood
veroordeel nadat hulle aan godslastering skuldig bevind is – (enige kritiek
teen Islam). Die biskop het sy dood as
`n “offer protes” teen die viktimisering van Christene beskou onder Pakistan se
kontroversiële godslastering wette. (Barbara
G Baker, Owner – Religiousliberty@xc.org 8 May, 1998)
Suid-Afrika speel
gereeld internasionaal krieket teen Pakistan (en ander Moslem lande). Dank Vader ek is nie `n krieketspeler
nie. As Christen sal ek weier om teen
hierdie lande te speel uit protes dat my
broers en susters in Christus so
ly in die Moslem lande. Krieket is nie
my god nie, Jesus is.
Naimat Ahmer `n Punjabi skoolhoof in diens van die Pakistan
regering word aangeval deur `n Moslem.
Naimat word in stukke opgekap. Sy
kop word amper heeltemal van sy lyf af gekap.
Baie van die Moslem onderwysers het kapsie gemaak teen die feit dat `n
nie-Moslem `n toesighoudende posisie teenoor Moslems beklee. Die moordenaar skreeu: “Ek het die wêreld van
hierdie boosheid verlos!” Toe die
moordenaar tronk toe gestuur word, het mense van oraloor kranse en blomme by sy
tronk kom lê, omdat hy hulle held was (Chris
Walker, Struggling Under Oppression, On Being, October 1993, p7.
Surah 9:29 (Koran) –
“Fight against such as those who have given the Scripture as believe not in
Allah nor in the Last Day, and forbid not that which Allah hath forbidden by
His messenger and follow not the religion of truth, until they pay their
tribute (jizyah) readily being brought low. (Pickthall’s translation).
Die eindresultaat van suksesvolle jihad is dhimmitude vir
die oorlewendes. Godsdienstige apartheid en diskriminasie is die norm in Moslem lande.
Luitenant Generaal Omar al-Bashir, president van Soedan “How
do you expect us to introduce equaility when inequality is the will of
God?” Dit is die amptelike lering en
gesindheid van die Koran teenoor nie-Moslems.
Handeldryf met nie-Moslems (as slawe) was amptelik verdra in
Soedan. Om die slawe vry te koop was
strafbaar met die dood. (Hugh Rimington, “Slaves of Sudan”, Good
Weekend, 7 August 1999, p52) Die
Koran leer dat Moslem vroue nie aan die Moslem man gelyk is nie. Nie-Moslems is nie aan Moslems gelyk nie.
Koning Fahd van Saoedi Arabië het 350 Moslem teoloë bymekaar
geroep vir `n debat. “Is dit toelaatbaar
vir Moslems om deur nie-Moslems beskerm te word?” (1990’s tydens die golf-oorlog). Een van die Egiptiese teoloë antwoord: “If a
Moslem is attacked by a mnurderer he can be defended by an unclean dog – so why
not by a foreigner” (Richard Wurmbrand,
“Saudis Will have the Word of God” Voice of the Martyrs, March 1998, p2)
In die praktyk is daar verskillende vorms van dhimmitude,
maar oral was dit verwoestend vir nie-Moslems.
Alle Moslem outoriteite plaas
groot beperkings op alle nie-Moslem gelowe.
Christene en Jode (Mense van die Boek) mag op sekere plekke aanbid, maar
slegs met streng beperkings. Daar mag
geen verspreiding van enige ander geloof wees nie. Normaalweg word die bou van nuwe kerke,
kloosters en sinagoges verbied. Plekke
van aanbidding mag herstel word, maar nie vergroot word nie. Toestemming om dit wel te doen is bykans
onmoontlik om te verkry. In Egipte tot
teen 1998 kon slegs die president hierdie toestemming verleen. (Just Another Sunny Day, Barnabas, Spring
1998, p7). Nie-Moslem plekke van
aanbidding word eerder gesloop as gerestoureer.
In Soedan was daar in een bisdom 586 plekke van aanbidding, teen 1998
was daar slegs een oor.
Kerke word eerder in Moskees omskep. Dikwels is daar `n verbod op die gebruik van
klokke, begrafnisse, seremonies en verdere konstruksiewerk. Kerke word eenvoudig gekonfiskeer. Bybels mag nie ingevoer word nie en geen
kruise mag gedra word nie. Kersbome,
stuur van kaartjies (bv. Kerskaartjies) is ontoelaaatbaar. In Saoedië Arabië
word mense vir sulke “oortredings” gearresteer.
Christene mag nie eers binne die grense van Saoedië Arabië begrawe word
nie.
Vanaf 1266 nC is Jode en Christene toegang geweier na die
grot van Magpela in Hebron (Die Hebreeuse aartsvaders is hier begrawe – dus `n
Joods-Christelike plek). In 1862 was die
prins van Wallis een besoek toegestaan.
Jode was nog steeds verbied om daar te kom tot na 1967 se ses daagse
oorlog. (Die Joodse leër het beheer oor die gebied verkry). Vir 7 eeue was hulle toegang geweier na een
van hulle eie heilige plekke. (Bat Ye’or, The Decline of Eastern
Christianity under Islam, p87)
Tussen 1995-1997 was 131 kerke in Indonesië aangeval. Hierdie nasionale neiging is besig om te
versnel. Tussen 1945-1954 was daar geen
aanvalle op kerke. Vanaf 1955-1964 was 2
kerke aangeval. Vanaf 1965-1974 was 46
kerke aangeval. Vanaf 1975-1984 was 89
kerke aangeval. Vanaf 1985-1994 was 132
kerke aangeval. (Statistics of Churches Destruction in Indonesia, ISIC Bulletin,
June?july 1998 p8)
Muhammad Bashrie, die hoof van Indonesië se Ulema Nasionale
Raad het gevra vir Jihad sedert Maart 1998 en verderaan. Ja’far Umar Talib is in `n internasionale
Jihad universiteit in Lahore, Pakistan opgelei.
In Yogyakarta het hy 10 000 manne bymekaar gekry om die Malaku
eilande te beset. Derduisende mense is
gedood. “Islam is the highest religion
and the best...There is no way to get
respect from non-Muslims for Mulsims except through Jihad” (eie
beklemtoning). (“Militant Islam on the
rise in Indonesia” Indonesian Christians via WEF Religious Liberty E-mail
conference quoted in Victorian Baptist Witness, June 2001, p12)
Prof. Bassam Tibi, Siriese politieke wetenskaplike was van
mening dat Indonesië die beste plek was vir Moslem-Christen dialoog rondom
menseregte. Wie mislei en wie word
mislei? Daar was “genuine tolerance for
different religions in this overwhelming Muslim society!” (Patrick Walters, “West Islam Clash on HumanRights, Democracy”
Australian, 1-2 April 1995, p16)
Ondersoeke deur die VN en andere het aangedui dat sedert
1999 (na onafhanklikheid), Oos timor absoluut die teenoorgestelde is.
Wes-Sumatara, Salmon en lisa Ongirwalu het `n jong vrou
gehuisves wat pas `n Christen geword het.
Ds. Robert Marthinus het toegelaat dat sy by die hoërskool inskryf (waar
hy hoof van was). Ds. Yanuardi Koto het
sy goedkeuring daaroor uitgespreek. In
1999 word Ds. Koto gevonnis tot 7 jaar tronkstraf. Ds. Marthinus ontvang `n 6 jaar vonnis. Ongirwalu ontvang `n 8 jaar vonnis, wat
verleng word na 10 jaar nadat hy teen sy vonnis geappelleer het. Die vroue van Salmon en Marthinus saam
met die kerksekretaris (Yenni Mendrofa) het almal 6 jaar vonnisse ontvang.
Vanaf 1990-1993 is 329 Christene gearresteer in Saoedie
Arabië. Van die gelowiges het lyfstraf
gekry. Almal was gedeporteer vir misdade
soos saam bid, besit van Bybels, prente van Jesus en bandjies van Christelike
liedere. Saoedie Arabië se wette is nog
onveranderd.
Sura 2:256 Koran – “There
is no compulsion in religion. Verily the right path has become distinct
from the wrong path. Whoever disbelieves
in in false deities and believes in Allah, then he has grasped the most
trustworthy handhold that will never break.
And Allah is All-Hearer, All-Knower.” (eie beklemtoning).
Tog word bekerings na Islam geforseer. In Jemen (tot die Joodse eksodus na Israel in
1950) was Joodse weeskinders weggeneem van hulle naaste families (volgens die wet) en as Moslems groot gemaak. In Oos-Afrika was Christene se kinders
ontvoer met dieselfde doelwit. Tydens
die Armeniese massamoorde van die 19de en 20ste eeue, het Christene Islam
aanvaar om die dood vry te spring.
Die implikasies is ook baie wyer as net godsdienstige
invloede. Nie-Moslems mag geen openbare
posisie bekleë met gesag nie. (Anders
sal `n nie-Moslem gesag oor `n Moslem kan uitoefen, en dit is verbode). Hierdie beginsel geld ook in die hele
arbeidsmark. Nie-Moslems mag geen
bestuursposte beklee nie. “There is no authority of the infidel sover
the Muslims...In addition a non-Muslim should be humiliated as an infidel.” (Dr Badr El Deen Abdel Moumin, Journal of
Administration of Governmental Judicial Cases, July/September, 1979, quoted in
Behind the Veil, Unmasking Islam, p139)
Die getuienis van `n nie-Moslem teen `n Moslem in `n hof
word nie aanvaar nie. `n Moslem kan nie
ter dood veroordeel word as hy/sy `n nie-Moslem vermoor het nie. Die hoogste vonnis is om bloedgeld aan die
familie van die vermoorde te betaal.
Indien `n Moslem `n ander Moslem vermoor, kan die doodstraf opgelê
word. In Pakistan 1964, is `n wet
aanvaar dat die getuienis van `n Christen ½ van die waarde van `n Moslem sal
hê. Die getuienis van `n Christen vrou
sal ¼ van die waarde van `n Moslem hê.
Om 11h30 word Nageen `n 7 jaar oue Christenkind
verkrag. Daar was getuies tot die
voorval en die 4 mans was positief geïdentifiseer. Shekhupura hospitaal het bevestig dat die meisie
se beserings so erg was dat sy nooit kinders sou kon hê nie. Haar ouers het `n klag by die polisie gaan
lê. Dosyne getuies het die identiteit
van die misdadigers bevestig. Al 4 mans
is gevange geneem, maar uiteindelik vrygelaat omdat die polisie geen bewyse
teen hulle kon vind nie. “...her religion
made her worthless, vulnerable and unlikely to be believed...in a judicial
system in which the word of a Muslimis worth more than that of a Christian” (Cathy Scott-Clark and Adrian Levy,
“Pakistan’s War on Christians” Sunday Times Magazine, 24 January 1999, quoted
in Reader’s Digest, April 2000, p117)
19 Maande daarna word Nageena se pa gearresteer en aangekla
van die moord op `n bejaarde vrou.
Getuies het bevestig dat Ghulam saam met hulle in die veld gewerk het,
ten tyde van die moord. Die mans wat die
klag gelê het, was die verkragters van Nageena.
Inspekteur Mustaq Ahmed (dieselfde polisieman wat die verkragters
vrygelaat het), het hierdie saak ondersoek.
Hy het bevind dat die klaers goeie Moslems was en dat hy geen rede gehad
het om anders te glo nie. “My first duty
is to Islam. The courts will take a
similar view and Ghulam will be hanged.
You’ll see.” (Religous Freedom
Today, February 1999, p2)
`n Moslem man mag met `n dhimmi vrou trou. Ook kan hy met `n Christen vrou trou, al is
sy alreeds getroud. Die Christelike
huwelik word in so `n geval outomaties ontbind.
`n Nie-Moslem man mag egter nooit met `n Moslem vrou trou nie. Nor’aishah Bokhari `n 25 jarige eks-Moslem
vrou wou met `n Christen Joseph Lee trou.
Haar familie het haar vir 41 dae gevange gehou, en die polisie het ook
betrokke geraak. Op 30 Desember ontsnap
Bokhari en gaan kruip weg saam met Lee.
Moslem outoriteite dwing dikwels nie-Moslem
minderheidsgroepe om jizyah te betaal (belasting). Die Koran bepaal ook dat nie-Moslems verneder
moet word.
Sura 9:29 Koran: “Fight against those who, (1) believe not
in Allah, (2) nor in the Last Day, (3) nor forbid which has been forbidden by
Allah and His Apostle, (4) and those who acknowledge not the Religion of Truth
(i.e. Islam) among the People of the Scripture (Jews and Christians untli they
pay the Jizya (A tax levied from the Jews and Christians who are in the
protection of a Muslim Government) with willing submission, and feel themselves
subdued.”
Oorspronklik was hierdie belasting net op Jode en Christene
gehef. Dit is later uitgebrei na enige
ander geloof as Islam.
Hamas is `n polities-militêre organisasie van Islam met `n
groot invloed in die Midde-Ooste. Hulle
het een groot doelwit om alle Jode (en om Israel) te vernietig. “Jihad ...is the only way to liberate
Palistine. There is no solution tot he
Palistinian question except through jihad.
There is no doubt about the testimony of history” (ISIC Bulletin, October/November 1997, p7)
Die PA (Palistinian Authority) bepaal in hulle Basiese Wet
Artikel 4b dat die beginsels van Islamitiese shariah die bron van hulle
wetgewing moet wees. `n Verslag van die
Israeliese regering in die Jerusalem Post beweer dat Christene sedert 1995
onder toenemende druk verkeer. Hulle
begraafplase word geskend en kerke beroof.
(Voice of the Martyrs, Special
Edition 1988, p22)
Gedurende die 20ste eeu dwarsdeur die Midde-Ooste streek het
die Christene afgeneem van 11,6% na 3,5%.
Die afname word toegeskryf aan emigrasie om van Moslem onderdrukking te
ontsnap. Indien hierdie tendens
voortduur sal daar feitlik geen kerk meer in die Midde-Ooste teen 2040 wees
nie. (No Chruch In the Middle East By
2040, Barnabas, Winter 1999-2000, p4)
Die Moslem Broederskap (Muslim Brotherhood) is in 1928 in
Egipte gestig. Hulle leuse is: “The
Quran is our guide; death fort he glory of Allah is our greatest ambition” (The Holy Land, www.barnabasfund.org, 5 March 2002.)
Abu Hamza al-Masri het gesê: “our fighters will fight until
the heretics have disappeared...even if this means the death of all human
beings” (“Enthusiasm Knows No Bounds”,
ISIC Bulletin, April/May 1998, p9). Moslems glo dat net Islam die ware
geloof is. Die doelwit van alle Moslems
is die daarstelling van `n verenigde, universele teokrasie, waarin shariah
(Islam wet) bo alle ander stelsels ingestel word. “All will revert to Islam or face the
possibility of subjugation or elimination” (Dr
Elass, “What Muslims Think of America”, Moody, November/December 2001, p17)
Wanneer Christene met sulke aggressiewe uitdagings
gekonfronteer word, verval ons dikwels in vrees. Dit is presies wat die Moslem hordes wil
hê. “...fear is the darkroom in which
Satan develops his negatives. The
purpose of fear is manupilation and control” (Razaf Safa, Inside Islam, Orlando, Florida: Creation House, 1996, p12)
Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die
volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat
vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.
(1Joh 4:18)
Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig
is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood
hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel— en almal kon
bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe
was.
(Heb 2:14-15)
Ons hoef nie die bedreiging van Islam te vrees nie.
En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie
rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie
oorweldig nie.
(Mat 16:18)
Christene moet nie aan die slaap gevang word deur die
bedreiging van Islam nie. Kom ons bid en
werk vir herlewing met passie vir die ware God en Sy Seun Jesus Christus in die
krag van die Heilige Gees.